Die platkopharder (Mugil cephalus) kom langs die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voor. Dit is 'n lang, silwer vis wat ietwat donkerder aan die bokant is. Dit kom normaalweg in skole voor en is 'n belangrike prooi vir roofvisse. Die gemiddelde lengte is 40 cm maar die vis kan tot 80 cm lank en 4.5 kg swaar word. In Engels staan die vis bekend as Grey mullet.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. . First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst 1999. .
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Mugil-cephalus.html
Kategorie:Beenvisse