Leeurivier is 'n klein dorpie in die KwaZulu-Natal Middeland, Suid-Afrika. Die dorpie is 8 km wes van Howick, aan die westekant van die N3 nasionale pad, naby die gelyknamige rivier. Daar was eens op 'n tyd baie leeus in die omgewing. Die laaste leeu is in 1856 by St. Ives, wes van die dorp geskiet.
Distrik Daar word met skape, varke en beeste geboer terwyl suiwelprodukte ook belangrik is.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal