Die zambezihaai (Carcharhinus leucas) is 'n haai wat in alle oseane van die wêreld in tropiese en warm water aangetref word. In Suider-Afrika is dit van die ou Transkei tot verby die monding van die Zambezirivier aanwesig. Die haai is aggressief en val mense aan. Hulle is normaalweg 3,2 m lank en weeg dan 220 kg. Die haai kan varswater verdra en is al diep in die binneland gevind in riviere soos die Zambezi, Mississippi en Amasone. In Engels staan dit as die bull shark bekend.

Identifikasie Die haai het 'n groot, grys robuuste lyf. Die snoet is gerond, kort, stomp en die oë is klein. Die onderkant van die haai is ligter van kleur.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skake http://www.fishbase.org/summary/Carcharhinus-leucas.html

Kategorie:Haaie