Die withaai (Carcharodon carcharias) (ook bekend as witdoodshaai of witdoodhaai) is 'n haai wat rondom die Suid-Afrikaanse kus voorkom, maar ook in alle oseane van die wêreld aangetref word. Hulle word as gevaarlik beskou, hoewel die mens nie hulle verkose prooi is nie. Om hulle reputasie as 'n "mensvreter" te weerlê, word die naam withaai bo die tradisionele witdoodshaai deur baie natuurliefhebbers verkies.News24, Profiles, "Building a business from scratch" URL besoek op 10 Februarie 2013"Verander persepsies saam met naam", Beeld, 26 Mei 2007, bl. 12 URL besoek op 10 Februarie 2013 Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Die haai is normaalweg 3 m lank, maar kan langer as 6 m word en weeg dan 1,2 ton. Dit het baie bekend geraak in die reeks Jaws-rolprente. In Engels staan die vis bekend as die great white shark en in Nederlands as die witte haai of mensenhaai.

Die haai is algemeen rondom Kaapstad en word ook by KwaZulu-Natal waargeneem. Daar is baie televisieprogramme van Discovery en National Geographic Channel wat die haaie in Suid-Afrika vertoon.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Carcharodon-carcharias.html

Kategorie:Haaie