Manipur (Meitei: মনিপুর, ꯃꯅꯤꯄꯨꯔ) is een van die kleiner deelstate in die noordooste van Indië. Die hoofstad en grootste stad is Imphal. Die deelstaat het 'n bevolking van sowat 2,9 miljoen in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 22 327 km². Naas die ampstaal Meitei (Manipuri) word ook Mizo in die deelstaat gepraat.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf