duimnael|Deelstate (estados) van Brasilië. duimnael|Federale deelgebiede (субъект федерации, subyekt federatsii) van Rusland. duimnael|Deelstate (states) van die Verenigde State van Amerika.

'n Deelstaat is 'n staat wat met ander state 'n unie vorm. Hierdie unie kan as 'n federasie of 'n konfederasie funksioneer. Daarteenoor het 'n eenheidstaat per definisie nie deelstate nie.

Deelstate het 'n eie parlement en regering wat oor sekere bevoegdhede beskik, soos deur die unie se grondwet bepaal. Dikwels het die deelstate ook hulle eie grondwet, soos die geval met Duitsland, die Verenigde State van Amerika en in Switserland.

Die volgende lande word onderverdeel in deelstate (al word ander benaming daarvoor gebruik): Argentinië: Provincias Australië: states and territories België: Geweste (Frans: régions, Nederlands: Gewest) en gemeenskappe (Frans: communautés, Nederlands: Gemeenschap) Brasilië: Estados Duitsland: Bundesländer Indië: states and territories Italië: Regioni Kanada: Provinsies en gebiede (Engels: Provinces and Territories, Frans: Provinces et territoires) Maleisië: Negeri en Wilayah Persekutuan Meksiko: Estados Nigerië: states Oostenryk: Bundesländer Rusland: субъект федерации, subyekt federatsii Soedan: states Suid-Soedan: states Spanje: comunidad autónoma Switserland: Kantons (Frans: cantons, Italiaans: cantoni, Retoromaans: chantuns) Venezuela: Estados Verenigde Arabiese Emirate: Emirate (imarat) Verenigde State van Amerika: states

Sommige van hierdie lande word nie uitsluitend in deelstate onderverdeel nie, maar beskik daarnaas oor gebiede met 'n andere status.

Eksterne skakels

Kategorie:Grense Kategorie:Lande