Haryana (Hindi: हरियाणा, Hariyāṇā, [hʌrɪˈjɑːɳɑː]; Pandjabi: ਹਰਿਆਣਾ) is 'n deelstaat in die noorde van Indië. Die hoofstad is Chandigarh (saam met die deelstaat Punjab) en die grootste stad Faridabad (met 'n bevolking van sowat 1 miljoen). Die deelstaat het 'n bevolking van sowat 25,3 miljoen in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 44 212 km². Die Yamuna, een van die grootste riviere van Indië, vorm die oostelike grens met die deelstaat Uttar Pradesh. Naas die ampstale word veral Hariyanavi in die deelstaat gepraat.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf