duimnael|links|Wauchope se graf op die Slagveld van Magersfontein.
Andrew Gilbert Wauchope (5 Julie 1846, Niddrie, Midlothian, Skotland – 11 Desember 1899, Magersfontein) was 'n Britse soldaat. In 1860 sluit hy by die Britse vloot aan as 'n seekadet en kry 'n oorplasing na die Britse Leër ses jaar later. Hy doen diens in die Ashanti Oorlog (1873–1874), die Egiptiese Oorlog van 1882 by Tel-el-Kebir. Hy doen ook mee aan die Nylekspedisie van 1884–1885 waar hy ernstig gewond word; sy derde wond tydens gevegte. Hy doen ook diens in Soedan in 1898. Hy arriveer in Suid-Afrika as 'n Generaal-majoor en was in bevel van die Highland Brigade. Hy sneuwel tydens die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899.
Sien ook Wauchope-obelisk
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967 The Hall Handbook of the Anglo Boer War. Darrell Hall. 1999.
Kategorie:Britse militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1846 Kategorie:Sterftes in 1899