Die Moldau (Tsjeggies: Vltava, histories Wulda - afgelei van die Germaanse Wilth-ahwa "wilde, onstuimige water"), soms ook "Boheemse See" genoem, is die langste rivier in Tsjeggië en 'n syrivier van die Elbe. Die rivier het 'n lengte van 430 kilometer en dreineer 'n stroomgebied met 'n oppervlakte van 28 090 km² met 'n gemiddelde afloop van 149,9 m³/s by sy monding.
Kategorie:Riviere in Tsjeggië