Leeukop is 'n kop in Kaapstad, Suid-Afrika, wat tussen Tafelberg en Seinheuwel geleë is. Die kop is 669 meter (2 195 voet) bo seevlak. Die piek skep 'n dramatiese agtergrond vir Kaapstad en is deel van die Tafelberg Nasionale Park.

Omgewing duimnael|links|Seinheuwel (links) en Leeukop (regs), gesien vanaf Tafelbaai, met Tafelberg op die agtergrond duimnael|links|Leeukop soos vanaf Seinheuwel gesien duimnael|links|Toeriste ontspan op Leeukop Kaapstad se voorstede omring die kop aan bykans alle kante, maar streng beheer deur die munisipaliteit het voorkom dat huise teen die hoër hange gebou word. Die gebied is van besondere belang vir die Kaapse Maleiergemeenskap, wat histories in die Bo-Kaap naby Leeukop gewoon het. 'n Aantal geskiedkundige grafte en tempels (kramats) van Maleise leiers is op die laer hange geleë.

Geskiedenis In die 17de eeu het die Nederlanders die kop Leeuwen Kop gedoop, terwyl Seinheuwel as die Leeuwen Staart (die Leeu se stert) bekend was. Die Engelse het in die 17de eeu na die kop as Sugar Loaf verwys.

Aktiwiteite Leeukop is bekend vir sy skouspelagtige uitsig oor die stad, en die uur lange klim na die kruin is veral gewild tydens volmaan. Die hange is ook gewilde afspringpunte vir hangswewers.

Geologie, flora en fauna Die boonste deel van die piek bestaan uit platliggende Tafelberg-sandsteen en die laer hange is gevorm deur die Kaapse graniet en die Malmesbury-formasie, wat ouer prekambriese rotse is. Leeukop is bedek met Fynbos (inheemse Kaapse plantegroei) met 'n buitengewoon ryk biodiversiteit wat 'n verskeidenheid van kleiner diere ondersteun.

Sien ook Kloofnek Seinheuwel Tafelberg

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Tafelberg