Bulwer is 'n klein dorp in die suidweste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, op die R617-streeksroete tussen Boston en Underberg.

Geskiedenis Die dorp is in 1890 uitgelê en genoem na sir Henry Bulwer, goewerneur van Kolonie van Natal.

Distrik Skaapboerdery is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit en bosbou word ook beoefen.

Die Ou Geelhoutkerk Die Ou Geelhoutkerk op Bulwer is in 1885 van handgesaagde geelhout gebou. Die kerk is in 1989 deur Mondi gerestoureer.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal