Acornhoek is 'n dorp in 'n digbevolkte streek van noordelike Mpumalanga (aan die grens met Limpopo), Suid-Afrika. Die dorp is 29 km suidoos van Hoedspruit en 35 km noord van Bosbokrand, dit val insgelyk onder die Bosbokrand Plaaslike Munisipaliteit. Die naam is blykbaar 'n aanpassing van die Nederlandse "Eekhoornhoek". Raper, Peter: Plekname van Suider-Afrika. Protea Boekhuis. Pretoria. 2020.

Distrik Subtropiese vrugte en groente word verbou terwyl bees- en wildboerdery ook in die omliggende areas belangrik is. Die dorp lê op 'n deurgangsroete na onder meer die Timbavati-wildreservaat en Orpenhek van die Krugerwildtuin. Die dorp is geleë op 'n waterskeiding waar die bolope van die Klaserie-, Timbavati- en Sandriviere ontspring.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga