Umtentweni is 'n kusdorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie lê teenaan die Indiese Oseaan en net 2 km noord van die Umzimkulurivier. Die naaste groot dorp is Port Shepstone. Die dorp het sy naam van die Mtentwenirivier gekry; die Zoeloenaam kan op verskeie maniere vertolk word: "die rivier waar die gepunte gras groei" of "die rivier wat glad vloei" of "die rivier met skuimende water".
Die N2 nasionale pad gaan naby die dorp verby.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal