duimnael|links|270px|Die Drakensberg-seunskool is naby Winterton geleë.

Winterton is 'n dorp in die KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp lê 20 km suidoos van Bergville op die R74-provinsiale pad, net af van die N3 tolpad en bied toegang tot die bergoorde soos Cathedralpiek, Cathkinpiek, Champagne Castle en Giant's Castle in die Sentrale Drakensberg.

Geskiedenis Die dorpie is in 1905 as 'n landbou- en besproeiingstasie gestig. Die dorp is eers Springfield genoem maar later na HD Winter hernoem. Die takspoorlyn het Winterton in 1907 bereik en is in 1914 na Bergville verleng.

Sien ook Drakensberg-seunskool, skool naby die dorp. Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Bloukrans

Bronne

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal