Wallenstein is 'n historiese televisiereeks in vier dele wat in koproduksie deur die Duitse, Oostenrykse en Switserse openbare uitsaaiers ZDF, ORF en SRF in 1978 vervaardig is en die lewe en militêre loopbaan van die Boheemse militaris en politikus Albrecht von Wallenstein (1583−1634) behandel. Die Duitse toneelakteur Rolf Boysen (1920−2014) het die titelrol vertolk. Die draaiboek, wat deur Leopold Ahlsen geskryf is, baseer op die historikus Golo Mann se gelyknamige biografie van 1971.
DVD-vrystellings
Land Datum Ateljee Tipe Aantal DVDs Speeltyd Klankbane Klankformaat Skermformaat Bonus Duitsland 26 Februarie 2010 S.A.D. Home Entertainment DVD-boks 4 407 minute Duits Dolby Digital 2.0 (Dual Mono) Volskerm 1,33:1 Portret van Golo Mann (54 min.), boekie Duitsland 26 Mei 2017 ALIVE / Fernsehjuwelen DVD-boks 4 407 minute Duits Dolby Digital 2.0 (Dual Mono) Volskerm 1,33:1 Günter Gaus gesels met Golo Mann oor Wallenstein (80 min.), Marcel Reich-Ranicki gesels oor Golo Mann (60 min.), portret van Golo Mann deur Günter Grass (54 min.), boekie met agtergronde en biografieë van hoofkarakters
Eksterne skakels Media YouTube.com: Uittreksels uit die reeks Kategorie:Duitse televisiereekse