duimnael|regs|300px|Generaal Kock met sy eie staf en lede van die Duitse Korps.
Johannes Hermanus Michiel Kock (Graaff-Reinet, 1835 – Elandslaagte 1899) was 'n Boeregeneraal en soldaat.
Lewensloop Reeds op die ouderdom van 10 was hy saam met sy vader by die Slag van Zwartkopjes en op 13 by die Slag van Boomplaats betrokke. Hy word 'n landdros in Potchefstroom en ook 'n Volksraadlid vir daardie gebied. Hy was baie betrokke by kerksake en was grotendeels verantwoordelik vir die aanvaarding van beleid dat Protestantse predikante uit staatsfondse besoldig word.
Tweede Vryheidsoorlog Met die uitbreek van die oorlog was hy in beheer van die Johannesburgkommando en Duitse Korps. Hy val Natal binne om die spoorlyn te gaan opblaas maar volg nie sy opdragte presies nie en raak betrokke by die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899. Hy verloor saam die slag en word gewond. 'n Paar dae later beswyk hy aan sy wonde. Sy jongste seun, regter Antonie Kock, is ook gewond en het oorleef, maar sou die laaste 43 jaar van sy lewe tot sy dood in 1948 in 'n inrigting van sielsiekes in Pretoria deurbring.
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. The Hall Handbook of the Anglo Boer War. Darren Hall. 1999.
Kategorie:Boeregeneraals Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1835 Kategorie:Sterftes in 1899