Roman Raymond Polański (internasionale spelling: Polanski; * 18 Augustus 1933 in Parys as Rajmund Roman Liebling) is 'n Pools-Franse rolprentregisseur, rolprentvervaardiger, draaiboekskrywer en akteur. Hy het ook Franse burgerskap.
Sy bekendste rolprente sluit die grufilm Rosemary's Baby (1968) asook The Pianist (2002) in. Die laasgenoemde rolprent, 'n drama oor die Sjoa, is met die Goue Palm van Cannes en 'n Oscar (Academy Award) vir "Beste Regie" bekroon.
Kategorie:Franse Jode Kategorie:Franse rolprentregisseurs Kategorie:Franse skrywers Kategorie:Poolse akteurs Kategorie:Poolse Jode Kategorie:Poolse rolprentregisseurs Kategorie:Poolse skrywers Kategorie:Draaiboekskrywers Kategorie:Mense in die Sjoa Kategorie:Rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Franse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Franse manlike akteurs van die 21ste eeu