Jan Hendrik Olivier (1848 – 1930) was 'n Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog.Biografiese inligting op geni.com, besoek op 16 Junie 2015
Vroeë lewe Sy ouers het in die Burgersdorp omgewing gewoon en later na Zastron verhuis. Op die ouderdom van 15 sluit hy aan by die Oranje Vrystaat grenspolisie. In 1865 word hy 'n Veldkornet en veg in die laaste Basoetoe-oorlog. Hy word beloon met die plaas Olifantsbeen waar hy welvarend word. Hy word 'n lid van die Volksraad in 1883 vir die Caledonrivier-afdeling.
Tweede Vryheidsoorlog Hy was in bevel van die Rouxville en Thaba Nchu kommando's, en het met sy ma deur die Colesberg, Barkly-Oos en Dordrecht gebiede beweeg. Hy was in bevel van die Boeremagte tydens die Slag van Stormberg in Desember 1899. Later het hy saam met generaal De Wet gewerk in die oostelike Vrystaat en Brandwater-gebied. Nadat hy stry gekry het met De Wet besluit hy om by die Transvaalse magte aan te sluit. Op pad soontoe word hy gevange geneem. Hy is saam met drie van sy seuns as Boerekrygsgevangenes na Ceylon verban.
Bronne The Hall Handbook of the Anglo Boer War. Darrell Hall. 1999. The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004.
Verwysings
Kategorie:Boeregeneraals Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1848 Kategorie:Sterftes in 1930