iZingolweni is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie lê langs die N2 nasionale pad in die verresuide van die provinsie. Die dorp is in die 1870's gestig as 'n polisie- en administrasiepos. Die naam is van Zoeloe-oorsprong en beteken glo "plek met baie vlak gate".

LW: Die dorpie moet nie verwar word met Zingolweni wat 'n rivier is in die verrenoorde van KwaZulu-Natal nie.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal