Donnybrook is 'n klein dorpie in die suide van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika op die R612-streeksroete. Die dorp is uitgelê op die plaas van Robert Comrie. Hy het die dorp na 'n bekende voorstad in Dublin genoem. Die hoofekonomiese aktiwiteit is suiwelboerdery. Die spoorlyn van Pietermaritzburg na Franklin het Donnybrook in 1905 bereik.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal