Die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Spaans: Guerra de independencia de México) was 'n oorlog in Noord-Amerika, tussen Nieu-Spanje (tans Meksiko) en Spanje, wat op 16 September 1810 met 'n Rebellie onder Miguel Hidalgo begin en op 27 September 1821 met die onafhanklikheid van Meksiko geëindig het. Ná die oorlog is die Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) onder Agustín de Iturbide gestig. Spanje het die Meksikaanse onafhanklikheid eers op 28 Desember 1836 erken en het sy eiendom vir 'n hoë prys aan die Meksikaanse staat verkoop, waaronder die land in die daaropvolgende eeu gely het, een van die redes vir die Meksikaanse Rewolusie tussen 1910 en 1920.
duimnael|links|upright|Staandbeeld van die leier Miguel Hidalgo y Costilla in Meksikostad. Reeds ná die Spaanse verowering van die Asteekse Ryk deur Hernán Cortés het sy seun Martín Cortés 'n Rewolusie teen die Spaanse oorheersing gelei, om die voorregte van die conquistadores uit te skakel. John Charles Chasteen. Born in Blood and Fire: A Concise History of Latin America. New York, Norton, 2001.
Ná 'n mislukte opstand teen die Spanjaarde in 1799, Hugh M. Hamill. The Hidalgo Revolt: Prelude to Mexican Independence. University of Florida Press, Gainesville, 1966, bl. 90-94 wat deur die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog in 1776 en die Franse Rewolusie in 1789 geïnspireer is, het op 16 September 1810 die Grito de Dolores of roep ná onafhanklikheid begin, wat in die huidige Meksiko as begin van die Onafhanklikheidsoorlog beskou word. Soos dit ná die mislukte opstand aangedui is, het die onafhanklikheidsbeweging miskien nie voor begin van die oorlog 'n breë ondersteuning onder Meksikane, wat verdeel is in teenstanders van die onafhanklikheid, outonome en rojaliste, gekry nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Leiers van die Meksikaanse Onafhanklikheid Die Amerikaanse klok Onafhanklikheid van Meksiko Geskiedkundige Atlas van die onafhanklikheidsrewolusie
Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Geskiedenis van Spanje Kategorie:Oorloë