Görlitz 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 23px|raam Sakse Koördinate Stigting (eerste verwysing) 1071 Stadstatus 1303 Oppervlakte: - Totaal 67,52 vk km Hoogte bo seevlak 199 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2017) 56 391 Statistik Sachsen - Bevolkingsdigtheid 834/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde klimaat www.klimadiagramme.de – Görlitz - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,2 °C - Gem. temp. Januarie/Julie -1,5 / 17,3 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslag 657 mm Burgemeester Octavian Ursu (CDU) Amptelike Webwerf www.goerlitz.de
Görlitz (Duits: ; Gerlz, Gerltz of Gerltsch in die plaaslike Bo-Lausitz-dialek; Pools: Zgorzelec; Opper-Sorbies: Zhorjelc) is die mees oostelike stad van Duitsland en die administratiewe setel van die gelyknamige landdistrik in die deelstaat Sakse. Die stad het 'n oppervlakte van 67,52 vierkante kilometer en 'n bevolking van 56 391 (soos op 31 Desember 2017).
Die stad is in die oostelike Bo-Lausitz aan die Lausitzer Neiße-rivier geleë wat hier sedert 1945 die grens met Pole vorm. Die stadsdeel oos van die Neiße is met die grensverskuiwing ná die Tweede Wêreldoorlog van Görlitz afgesny en vorm sedertdien 'n selfstandige Poolse nedersetting, Zgorzelec. Görlitz en Zgorzelec vorm sedert 1998 'n sogenaamde Europastad.
Görlitz gaan terug op 'n Sorbiese dorp, Gorelic, en 'n latere nedersetting wat in 1220 deur Duitse setlaars gestig is. Die stad is gedurende die Tweede Wêreldoorlog nouliks deur die oorlogshandelinge geraak. Met sowat 3 500 grotendeels gerestoureerde historiese monumente het Görlitz een van die bes bewaarde oorspronklike stadskerne in Duitsland en vorm sodoende die grootste nasionale argitektoniese monument. Sy boukuns sluit laat-Gotiese, Renaissance- en Barok-burgerhuise in die historiese middestad en uitgestrekte woonkwartiere in die sogenaamde Gründerzeit-styl (laat 19de eeu) rondom die stadskern in.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Sakse