Die hottentot (Pachymetopon blochii) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is. Die vis kom van die Namibiese kus tot in Tafelbaai, Valsbaai en oor die Agulhasbank voor. By tye word dit tot in Algoabaai aangetref. In Engels staan dit as die hottentot seabream bekend.
Voorkoms Die vis is vet, silwergrys met donker vinne, 'n blougrys pens en 'n klein bek. Die vis word 54 cm lank en tot 3 kg swaar.
Habitat Dit kom voor in vlak rotsagtige gebiede en kelpbeddings tot op 'n diepte van 55 m. Die vis is 'n omnivoor. links|duimnael|235px|'n Hottentotskool in die kelpbeddings van Valsbaai
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006.
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Pachymetopon-blochii.html http://eol.org/pages/204359/overview
Kategorie:Beenvisse