Die Rietrivier is 'n sytak van die Vaalrivier in Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Vrystaat, net oos van Reddersburg. Vanaf sy oorsprong vloei die rivier wes, noord verby Reddersburg waar dit onder die N6 nasionale pad en later ook onder deur die N1 nasionale pad vloei. Steeds weswaarts vloei die rivier in die Kalkfonteindam in, swaai noordwes en vloei verby Koffiefontein en Jacobsdal. Net voor Ritchie vloei die Modderrivier in die Rietrivier in, kruis die N12 en vloei daarna verby Ritchie. Ongeveer 20 km noordoos van Douglas sluit die Rietrivier by die Vaalrivier aan.
Tweede Vryheidsoorlog Daar het verskeie skermutselinge en veldslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog langs die Rietrivier, Modderrivier en omgewing plaasgevind.Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. Die Slag van Poplar Grove (1900) Die Slag van Paardeberg (1900) Die Slag van Driefontein (1900) Jacobsdal (verskeie) Die Slag van Graspan (1899) Die Slag van die Twee Riviere (1899) Die Slag van Magersfontein (1899) Die Slag van Sunnyside (1900)
duimnael|400px|links|Lilydale-ruskamp in Mokala- Nasionale Park is op 'n hoogte aan die linkeroewer van die Rietrivier aangelê.
Verwysings
Eksterne skakels A Riet River Retrospective
Kategorie:Riviere in Noord-Kaap Kategorie:Riviere in Vrystaat