Ramatlabama is 'n dorpie in Noordwesprovinsie en 'n grensbeheerpos vir voertuie en treine met Botswana.
Geskiedenis Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was dit die hoofkwartier van die Regiment van die Protektoraat. Dit is verwoes in 'n onverwagte aanval deur die Boere. Die naam is afgelei van 'n insident waarin opperhoof Montsioa 'n leeu op kort afstand doodgemaak het. Dit beteken om wydsbeen oor te gaan.Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric RosenthalDie Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Die grenspos het dieselfde naam aan die Botswanakant.
Spoorweë Dit is die plek waar die spoorlyn tussen Kaapstad en Bulawayo Botswana binnegaan; noord van Ramatlabama vorm die spoorlyn die hooflyn van Botswana Spoorweë, en suidoos is dit deel van Transnet Freight Rail se netwerk in Suid-Afrika.
Suid-Afrika Botswana Streek Noordwes Suidelik Dorp Ramatlabama Ramatlabama Pad N18 A1 Spoor Transnet Freight Rail Botswana Railways Koördinate Besigheidsure - Reisigers 06:00 - 22:00 06:00 - 22:00 Besigheidsure - Algemeen 07:30 - 16:15 Telefoonnommer +27 (0) 18 390 2533 Faksnommer +27 (0) 18 393 0334 Departement van Binnelandse Sake - SA Grensposte
Sien ook Grensposte van Suid-Afrika Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Grense van Botswana Kategorie:Grense van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in Noordwes Kategorie:Spoorlyne in Suid-Afrika