Greyton is 'n dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is slegs sowat 5 km vanaf Genadendal.
Geskiedenis Die dorpie se bestaan kan teruggevoer tot 1846 toe Herbert Vigne die plaas Weltevreden gekoop het in die skadu van die Kanonberg (1 466m), een van die hoogste pieke van die Riviersonderendberge. Die dorpie is in 1854 uitgelê en sir George Grey vernoem. Die dorpie is bekend vir sy baie voetslaanpaaie.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Boesmanskloof-wandelroete Hierdie wandelroete is 14km lank en gaan oor die Riviersonderendberge en eindig by McGregor. Die hoogste punt is 750 bo seevlak.http://www.boesmanskloofmcgregor.com/index.php/boesmanskloof-hiking-trail-mcgregor-greyton-diegalg
Wapen Greyton se munisipale raad het in 1992 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In blou, twee silwer dwarsbalke, die boonste belaai met drie oranje skywe. Die helmteken was 'n blou muurkroon met 'n uitkomende rysende oranje grond, getop met 'n gousblom, en die wapenspreuk was "Stabilia".National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry. Die wapenskild is gebaseer op die wapen wat sir George Grey gebruik het.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap