Marikana is 'n dorpie in die Noordwes, Suid-Afrika. Die dorpie is halfpad tussen Brits en Rustenburg en is geleë langs die hoofspoorlyn tussen die twee dorpe. Daar is verskeie platina-myne in die omgewing.
Marikana is aangelê op die plaas Rooikoppies. Toe die spoorweg gebou is, het die verantwoordelike beampte na 'n naam vir die stasie gesoek. 'n Spruitjie nie ver van die stasie af nie heet Maretlani, 'n inheemse naam vir 'n struik wat in oorvloed groei. Die beampte kon nie dié naam korrek uitspreek nie en het dit vervorm tot "Marikani", wat later verander het in Marikana. Op 22 April 1944 het die Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n gemeente hier gestig as Rustenburg-Oos, later Marikana genoem, wat 402 belydende lidmate gehad het in 2012. Die gemeente het intussen die bynaam Magaliesberg Gesinskerk gekry.
Die Marikana-slagting Hoofartikel: Marikana-slagting
Verskeie mynwerkers van die AMCU-vakbond is op 16 Augustus 2012 by die Lonmin-myn deur die polisie doodgeskiet. Die polisie het probeer om geweldadige stakers wat op 'n heuwel saamgedrom het uitmekaar te jaag, waarna die skietery begin het. Vier-en-dertig betogers is in die voorval gedood.SAPD-TwitterboodskapMore Than 30 Died in South Africa Mine Crackdown: Police, New York Times, 17 Augustus 2012 Volgens die Azanian People's Organization herinner die slagting aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.Massaslagting skok wêreld , PRAAG, 17 Augustus 2012
Demografie (2011)Suid-Afrikaanse Sensus van 2011 Area: 17.54 km2 Bevolking: 19 522 (1 113.17 inwoners per km2) Huishoudings: 11 679 (666 per km2)
GeslagBevolking% Manlik12 232 63 Vroulik7 290 37
RasBevolking% Swart19 19998.35 Blank1670.86 Asiërs900.46 Ander390.20 Kleurlinge280.14
Eerste taalSprekers% Xhosa5 85430 Tswana3 83720 Tsonga3 52618 Suid-Sotho2 81314 Noord-Sotho8224.2 Zoeloe8214.2 Swazi3892.0 Engels3791.9 Afrikaans2491.3 Ander4702.4
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967 Eric Rosenthal
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Noordwes