Die pad op die R44-pad tussen Gordonsbaai en Rooiels staan bekend as Clarence-rylaan. Hierdie toerismeroete is 22 km lank en bied 'n panoramiese uitsig oor Valsbaai, die kuslyn, Tafelberg en dele van die Kaapse skiereiland. Die kusstrook is veral onder hengelaars en walviskykers gewild. Kogelbaai word druk besoek deur branderplankryers.

Die rylaan is aan die oostekant van Valsbaai in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die pad volg die kontoere van die oostekant van Valsbaai en verbind Strand met Kaap Hangklip in die suide. Die roete is soortgelyk aan Chapmanspiek-rylaan verder weswaarts.http://www.marionwhitehead.co.za

Geskiedenis Vroeër moes voorrade per skip na Rooiels vervoer word en mense moes met 'n bergpad langs stap. Die sakeman Jack Clarence het eiendom besit in Hangklip en Bettysbaai. Hy het 'n motivering ingedien om 'n pad te laat bou na dié gebiede. Konstruksiewerk het in 1940 begin en in die Tweede Wêreldoorlog is Italiaanse krygsgevangenes gebruik om die pad te bou. Op 29 Mei 1998 het die destydse premier van die Wes-Kaap, Gerald Morkel, ingrypende verbeterings aan die pad geopen. Uitsigpunte is gebou, maar daar is nog enkele skerp draaie in die pad en rotsstortings kom soms voor.

Die roete Die pad begin by Gordonsbaai, kronkel suid oor die monding van die Steenbrasrivier, gaan verby Kogelbaai, Sparksbaai, verby Rooiels tot by Pringlebaai. Hier vurk die pad; die pad regs gaan verby Kaap Hangklip en die pad links na Bettysbaai.Passes & Poorts. Marion Whitehead. 2010

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap