Ek lief jou is 'n Afrikaanse rolprent wat op 3 Junie 2011 in teaters dwarsoor Suid-Afrika begin draai het. Groot dele van die dialoog is ook in Nederlands en Engels en die rolprent is van Engelse onderskrifte voorsien. Die rolprent is op Naboomspruit, Krugersdorp, die O.R. Tambo Internasionale Lughawe en in België geskiet. Die ouderdomsperk is 10 jaar.Kyk hier! Kurt Darren-fliek, Ek lief jou, se lokprent!, Sarie, April 2011.flieks: Liefde blom in die Bosveld , Rapport, 2 Junie 2011.
Genre Die rolprent is 'n romantiese komedie. Anders as verwag is dit nie 'n musiekblyspele nie, en daar word glad nie so baie in die fliek gesing nie.
Hoofrolspelers Kurt Darren as Dirk de Jong Ilse De Vis as Anna de Clerck, 'n Belgiese aktrise Christina Storm as Lisa Snyders Jenny Louw Kevin Leo André Frauenstein as Dirk se halfbroer Danie Gerrie Pretorius as Neels en andere.
Storielyn Sanger Dirk de Jong is op soek na die perfekte meisie om in 'n nuwe video te verskyn. Intussen is 'n Belgiese joernalis besig om die gebeure te rapporteer. Teen die einde vind hulle mekaar en Dirk "ontsnap" uit sy stormagtige verhouding.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente