Frischgewaagd is 'n nedersetting in Noordwes aan die R565 tussen Rustenburg, Ledig en die Pilanesberg Natuurreservaat. Die Frischgewaagd-Ledig-gebied is bekend vir sy platinummyne.Wesizwe
Frischgewaagd was op 16 Junie 2011 in die nuus gewees nadat die DA-leier Helen Zille hier Jeugdag gevier het.Mail & Guardian In die munisipale verkiesings van Mei 2011 was Frischgewaagd die eerste wyk sonder enige kiesers van minderheidgroepe wat 'n DA-meerderheid opgelewer het. Die DA het 1006 stemme verower, die ANC 960.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Noordwes