Linköping 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Landskap 20px Östergötland Län 20px Östergötland Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1082 Oppervlakte:    - Totaal (kommun) 1 568,57 vk km  Hoogte bo seevlak 45 m Bevolking:    - Totaal (2023) 167 404  - Bevolkingsdigtheid (kommun) 106,7/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,2 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie −1,8 / 17,5 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 604,8 mm Amptelike webwerf www.linkoping.se

Linköping (Sweeds: [ˈlɪ̂nːˌɕøːpɪŋ], ) is 'n stad in Suid-Swede en die vyfde grootste in die land ná Stockholm, Gotenburg, Malmö en Uppsala met 'n oppervlakte van 1 568,57 vierkante kilometer en 'n bevolking van 167 404 (2023). Linköping dien as die administratiewe hoofstad van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).

duimnael|links|Die domkerk van Linköping Linköping is glo genoem na die Lionga ting, die belangrikste vergaderplek in Östergötland, terwyl die agtervoegsel köping na 'n markstad verwys. Ander Sweedse stede met 'n soortgelyke naam sluit in Jönköping, Norrköping ("noordelike markstad"), Nyköping en Söderköping ("suidelike markstad"). Die nabygeleë klooster Vreta is in 1128 gestig en die oudste dele van die domkerk van Linköping dateer ook uit dié tydperk.

Op 25 September 1598 is by die brug oor die Stångån (die hoofbrug in Linköping) die Rooms-Katolieke koning Sigismund III Wasa deur sy oom Karel van Södermanland verslaan, waarmee die kortstondige Pools-Sweedse unie beëindig is. Vervolgens is op 20 Maart 1600 vyf koninklike raadslede tydens die "bloedbad van Linköping" op die markplein tereggestel. Die slag was die begin van 'n oorlog tussen Swede en Pole wat tot in 1629 gewoed het.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Swede