e-Sword is ’n gratis Bybelstudie-rekenaarprogrammatuur wat Rick Meyers vir Microsoft Windows en Pocket PC-bedryfstelsels geskryf het. Die ontwikkeling het amptelik in Januarie 2000 begin. Sedertdien het die programmatuur se gewildheid aanhou groei, met 15 000 000 aflaaie wat teen Januarie 2011 bereik is. Die gebruikerskoppelvlak is in sewe-en-twintig tale, waaronder Afrikaans, en die bronne in meer as tagtig tale beskikbaar.

Doel Rick Meyers het ’n behoefte daaraan gehad om Bybelstudie vrylik aan ’n ieder en ’n elk beskikbaar te stel, terwyl daar ook krag en diepte aan navorsing gewy word. Sy temavers is Matteus 10:8: Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Rick Meyers berig op die e-Sword-tuisblad:

As Bybelstudent en leraar het ek ervaar watter insettinge dit kos om die Skrif te deursoek om vir ’n Bybelstudie, Sondagskoolles of preek behoorlik voor te berei. Daar is volumes boeke vir studiebenutting beskikbaar (en die Christelike gemeenskap is baie aan die verskeie outers, vir hul volharding en kunde, verskuldig), maar daar is net nie genoeg tyd, geld of rakruimte tot ons beskikking om hierdie bronne ten volle te benut nie. Rekenaarprogrammatuur het die wyse verander hoe ons die Woord van GOD bestudeer. Met die eenvoudige soek en druk van ’n muisknoppie het ons nou toegang tot hierdie selfde volumes geleerdheid binne sekondes!

Verskillende weergawes Pocket e-Sword 1.0 is in Desember 2003 vrygestel. Teen Mei 2007 is 1 000 000 kopieë van die Pocket e-Sword-pakkette afgelaai. Dit is die weergawe wat op die Pocket PC loop. Pocket e-Sword 3.0.1, wat op 17 Mei 2007 beskikbaar gestel is, was die laaste weergawe wat vir Pocket PC 2002, Pocket PC 2003 en Windows Mobile 5.0 vrygestel is. Pocket PC 3.1.0, wat in Junie 2009 vrygestel is, loop slegs op Windows Mobile 6.0 en latere weergawes. Daar is amptelik op 12 Desember 2009 aangekondig wat daar geen toekomstige ontwikkeling van Pocket e-Sword sal wees nie.

Die ontwikkeling van e-Sword Live het in November 2007 begin en is in Mei 2008 aan die publiek bekend gestel as 'n webgebaseerde weergawe. Rick Meyers bevorder hierdie weergawe ten sterkste onder gebruikers wat nié Windows-bedryfstelsels gebruik nie.

e-Sword Live kenmerke Die webweergawe kan bybels, kommentare, woordeboeke en onderwerpbybels vertoon.

Pocket e-Sword kenmerke

Behalwe om Bybels, kommentare en woordeboeke te vertoon, bied Weergawe 3.1.0 ook die volgende komponente:

Bybel-merkoorlegging (Bible Markup Overlaying) Bybelleesplan Boekmerke Dagstukkies

Gebedsversoeklys, Skrifgeheue Verslys, Studienotas, Onderwerpnotas

Hierdie komponente bied soortgelyke werking aan die e-Sword eweknieë. Studie Notas en Onderwerp Notas is RTF-tekslêers, eerder as ’n databasis.

e-Sword kenmerke e-Sword is beskikbaar in: Afrikaans, Deens, Duits, Engels, Fins, Frans, Hongaars, Iers, Indonesies, Italiaans, Katalaans, Nederlands, Noors, Pools, Portugees, Roemeens, Slowaaks, Spaans, Sweeds, Tsjeggies en Turks. Gedeeltelike ondersteuning word ook gebied vir: Arabies, Grieks, Japannees en Chinees. Behalwe Bybels, Kommentare en Woordeboeke, bied Weergawe 9.8.1. ook die volgende komponente en werking:

Bybel-merkoorlegging Bybelleesplan Boekmerke Dagstukkies Evangelie Harmonie Joernaal Grafiese Vertoner Taalkeuses

Gebedsversoeklys Bronaflaaibestuurder Skrif Geheue Verslys Preeksketse STEP Leser Studie Notas Onderwerp Notas Versanalise Nutsprogram

Die program laat die gebruiker die teks van die Bybel, Bybelkommentare, Studie Notas en Woordeboeke vertoon. Deur sy aanpasbare uitleg kan die gebruiker kies watter van die bronne op een slag vertoon of hoe hul op die skerm georden moet word.

Bedryfstelsels Hierdie program is vir die Windows-bedryfstelsel geskryf. Amptelike ondersteuning word vir Windows NT 4.0, Windows 95/98/ME, Windows 2000, Windows XP, Windows Vista en Windows 7 gegee.

Die program sal ook op Windows 2003 en 2008 loop, hoewel dit nie amptelike ondersteuning geniet nie. Dit kan ook op ReactOS as ’n ingeboude toepassingsprogram (native application) loop.

In November 2010 het eStudySource met CodeWeavers saamgespan om beter ondersteuning te bied vir e-Sword wat CrossOver gebruik.

Deur Wine as nastrewerprogram (emulator) te gebruik, kan dit ook op Linux werk.The first message in the thread How To Install E-sword with wine at http://ubuntuforums.org/showthread.php?t=404042 includes scripts for downloading and installing e-Sword. Ubuntu Christian Edition internetforum bied die konsekwentste ondersteuning vir Linux-gebruikers wat e-Sword benut.

Daar is wyd en syd berigte van e-Sword wat op OpenSolaris, BSD, end OS/2 Warp 5.0 werk.

Die e-Sword lisensie Die besieling vir die lisensie wat deur e-Sword gehou word, lê in Matthéüs 10:8 opgesluit: Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Die hoofsaaklike bedoeling van die lisensie is: e-Sword moet gratis versprei wordPoint 2: The e-Sword License.PDF. This document is installed in the e-Sword directory, in version 7.8.1 or higher. It is also viewable from the Help menu in the main screen. e-Sword en sy modules mag nie deur enige ander webtuiste versprei word nie;Point 3: The e-Sword License.PDF.

Alle dokumentasie en modules is onder hierdie lisensie, tensy die skepper van die dokumentasie of modules ’n ander lisensie noukeurig vermeld het. Die meeste dokumentasie wat deur die gebruikers geskep is, val onder die Creative Commons Attribution – Non Commercial – Share Alike 2.0 License. Sedert weergawe 7.8.1 uitgereik is, word ’n kopie (PDF) van die e-Sword-lisensie binne die e-Sword-gids ingebou. Die lisensies word ook in die Help-kieslys vertoon (deur op Oor… te kliek).

Bronne Amptelike bronne Amptelike bronne word op die Bronaflaaibestuurder-venster gelys. Die venster vertoon die bronne van beide e-Sword.net en eStudySource.

Voor e-Sword 9.8.1 was die bronne afsonderlik by http://www.e-sword.net/downloads.html en e.StudySource.com gelys.

Kommersiële bronne Hoewel eStudySource die hoofafsetgebied is vir bronne wat aangekoop word,New Company Makes Bible E-Content – 2/21/2007 – Publishers Weekly is daar ook ander uitgewers soos The Lockman Foundation en Bible.org wat e-Sword bronne verkoop.

Gebruikers Die projekte van ’n klein groepe e-Sword aktiviste word nie amptelik erken nie. Die uitkoms van daardie projekte het die populariteit van die program aangespoor.

Ondersteuningsgroepe vir gebruikers e-Sword-users.org was die hoofinternetforum wat ondersteuning in ses tale (Afrikaans, Duits, Engels, Nederlands, Pools, Slowaaks, Spaans en Tsjeggies) aangebied het. Dit het tussen 7 Mei 2010 en 19 Julie 2010 ontkoppel vanweë ’n kwaadwillige programmatuurprobleem. Dit het in Mei 2011 gesluit.

Bible Support het e-Sword-users.org op 9 Junie 2011 vervang. E-Sword gebruikers kan nou duisende gratis e-Sword modules aflaai en toegang verkry tot die gebruikersvriendelike ondersteuning.

Blind e-Sword bied ondersteuning vir toeganklikheidskenmerke verwant aan e-Sword.

Gebruikergeskepte Nutsprogramme Gebruikers het ’n aantal nutsprogramme geskep om die proses om nuwe bronne te skep te vergemaklik.

Die gewildste nutsprogramme is: e-Sword ToolTip Tool, met die bynaam "T3", is oorspronklik ingespan om Skriftuurlike verwysings na e-Sword ToolTip-formaat om te skakel, maar stel die gebruiker ook in staat om bronne vir weergawe 9.x van e-Sword te wysig en te skep. Ben's e-Sword Tool 2.0 was gebruik om tekslêers binne verskillende brontipes in te voer. e-Sword User Module Conversion Utility v9.5.0 was gebruik om bronne van e-Sword Resource Specification Format 1 na e-Sword Resource Specification Format 2 om te skakel. e-Sword HotKey is ’n nutsprogram wat Sklrifverwysings naslaan wanneer dokumente in ’n webblaaier, woordverwerkerprogram, PDF-lêer ens. gelees word.

Gebruikergeskepte Bronne Die nutsprogramme het dit vir gebruikers eenvoudiger gemaak om bronne te skep en te versprei. Die STEP-formaat is die enigste brontipe waarbinne gebruikers geen inhoud geskep het nie.

Gebruikers het meer as tienduisend bronne in tagtig tale (van Zoeloe tot Klingon) gemaak. Engels en Spaans is die gewildste moderne tale. Hebreeus en Grieks is die gewildste Bybelse tale.

Bronopsporing Weens die afwesigheid van ’n gesentraliseerde lys van geskepte e-Sword bronne, het daar ’n duplisering van bronne plaasgevind. So is daar byvoorbeeld vyf verskillende weergawes van die Didache. Original Languages Library bevat ’n huidige lys van publiekverspreide bronne in die Bybelse tale, tesame met waar dit bekom kan word; Premium e-Sword Modules word beperk tot bronne wat kommersieel versprei word; e-Sword en español behou ’n lys van bronne in die Spaanse taal; DoctorDaveT.com bepaal hom tot “behoudende, Evangeliese, Bybelgelowige en Christusvererende” bronne; Pastor David Cox behou ’n biblioteek van e-Sword bronne in die Engelse en Spaanse taal. Bible Support Elke nie-kommersiële e-Sword bronne.

Resensies en Toekennings Resensies van e-Sword

Bible Software Review (20 October 2005) Christian Computing Magazine Christian Computing Magazine Michael Hansen Studying the Bible for Free Stimulus Jaargang 12 Nommer 3 Augustus 2004 bladsy 33 – 38

Resensies van Pocket e-Sword Bible Software Review

Toekennings aan Pocket e-Sword 2004 Pocket PC Magazine Text and Reference Bible Software

2005 Pocket PC Magazine Finalist 2006 Pocket PC Magazine 2007 Pocket PC Best Software Awards (Religious) : Finalist

Meningsopname Die Bible Software-webjoernaal het oor die meeste van 2005 ’n meningsopname geloods om te bepaal watter Bybelstudieprogrammatuur die meeste gebruik word. e-Sword het die meeste stemme in die vrye/deelprogrammatuur kategorie ingepalm. Dit het ook meer stemme as enige van die kommersiële programme verwerf.http://www.bsreview.org/survey05.htm

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike e-Sword Webruimte Amptelike Pocket e-Sword Webruimte DoctorDaveT.com – konserwatiewe & Evangeliese Bybelstudiemodules Franse vertaling en bron webtuiste e-Sword Smart Starter tool Sharpening The Sword e-Sword HotKey and e-Sword ToolTip Tool

Kategorie:Bybel