Kader Asmal (8 Oktober 1934 – 22 Junie 2011) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lewenslange lid van die African National Congress.
Asmal was 'n professor in menseregte aan die Universiteit van Wes-Kaapland, voorsitter van die raad van die Universiteit van die Noorde en vise-president van die African Association of International Law. Hy was 'n ere-lid van die Royal College of Surgeons in Ierland, het 'n doktorsgraad van Queen's Universiteit van Belfast (1996) ontvang en was 'n laureaat van die 2000 Stockholm Water-prys.
Hy is op 22 Junie 2011 aan 'n hartaanval oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Louise Parkinson en twee seuns.Kader Asmal sterf , Nuus24, 22 Junie 2011.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van onderwys Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2011