Die Wilgers is 'n voorstad in die ooste van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die area is boomryk met pragtige tuine en sypaadjies.
Die voorstad is vernoem na die 19de eeuse plaas "The Willows" van die Pretoria-pionier Harry Struben. Hy het die plaas, wat na die plaaslike wilgerbome vernoem is, in 1862 gekoop. Hierdie gebied in Pretoria-Oos is mettertyd in woonbuurte en uitbreidings ontwikkel wat variasies van die oorspronklike naam dra, waaronder Die Wilgers en Willow Park Manor.
Fasiliteite in die area Hoërskool Die Wilgers Willowridge High School Silwilpark Tennisklub Willow Way-winkelsentrum
Eksterne skakels Die Wilgers se inwonersvereniging
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Pretoria