Die komeet C/2010 X1 (Elenin) is op 10 Desember 2010 deur die Russiese amateur-sterrekundige Leonid Elenin ontdek. Hy neem die komeet tydens vier opnames waar met behulp van 'n 45 sentimeter-teleskoop van die observatorium International Scientific Optical Network in Mayhill, Nieu-Meksiko. By die ontdekking het die komeet 'n sigbare helderheid ("magnitude") van 19.5 tot 19.6 gehad. Die komeet sal ongeveer September 2011 tussen die son en aarde inbeweeg waarna dit weer ons sonnestelsel sal verlaat.
Daar word wyd op die Internet oor die "koms" van die komeet en die invloed daarvan op die aarde gespekuleer. Volgens berugte sou Minister Anatoliy Serdyukov van die Russiese Ministerie van Verdediging aandring op meer geld vir die bou van 5000 ekstra ondergrondse bomkelders om beskerming daarteen te bied.Comet Elenin Under "Intelligent Control" Headed to Earth?, The SOP, 9 April 2011
Verwysings
Eksterne skakels So-So Prospects for Comet Elenin, Sky & Telescope
Kategorie:Komete