'n Astronomiese eenheid (AE, Engels: AU) is die gemiddelde afstand tussen die Aarde en die Son. Een astronomiese eenheid is gelyk aan sowat 150 miljoen kilometer. Die mees onlangse meting gee die presiese waarde as: 149 597 870,691 km.The International System of Units (SI), 8ste uitg., 2006 Hierdie maat word in sterrekunde gebruik om afstande in die ruimte aan te dui.

Voorbeelde Pluto is 39,5 AE van die Son af. Jupiter is 5,2 AE van die Son af. Die maan is 0,0026 AE van die Aarde af

Berekeninge 1 AE = 149 597 870,691 kilometer 1 AE = 8,317 ligminute 1 AE = 499 ligsekondes 1 ligjaar = 63 241 AE 1 parsek = 206 265 AE 1 parsek = 3,262 ligjare

Verwysings

Kategorie:Eenhede Kategorie:Meeteenhede in sterrekunde Kategorie:Hemelmeganika Kategorie:Lengtemate