Gemert-Bakel is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, wat aan die provinsie Limburg grens en in die streek van Die Peel lê. Die munisipale gebied het sowat 29 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 123 km². Gemert is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Gemert-Bakel:<br/ > Bakel, Boekent, De Klef, De Mortel, De Rips, Elsendorp, Esdonk, Gemert, Grotel, Handel, Kaweide, Koks, Milheeze, Milschot, Overschot, Pandelaar, Schutsboom, Tereyken en Vossenberg.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Noord-Brabant