Cornelia Johanna (Carola) Schouten (gebore 6 Oktober 1977 in 's-Hertogenbosch) is 'n Nederlandse politikus wat aan die ChristenUnie-party behoort.
Sedert 10 Oktober 2024 is sy die burgemeester van Rotterdam.
Schouten het bedryfskunde aan die Erasmus Universiteit Rotterdam gestudeer en by die Nederlandse Ministerie vir Sosiale Sake en Werkgeleenthede, asook vir die ChristenUnie se Tweede Kamer-groep gewerk.
Van Mei 2011 tot Oktober 2017 was sy 'n lid van die Tweede Kamer gewees, waar sy haar met huisvesting, finansies, pensioene en hoër onderwys besig gehou het. Van Oktober 2017 tot Januarie 2022 was sy die minister van Landbou, Natuur en Voedselkwaliteit, asook die derde adjunk-premierRutte III-kabinet: Hugo de Jonge (CDA) was die eerste en Kajsa Ollongren (D66) die tweede adjunk-premier gewees. in die Rutte III-kabinet gewees.
Van Maart 2021 tot Januarie 2022 was sy opnuut 'n lid van die Tweede Kamer gewees. Van Januarie 2022 tot Julie 2024 was sy die minister vir Armoedebeleid, Deelname en Pensioene en weer eens die derde adjunk-premierRutte IV-kabinet: Rob Jetten (D66) was die eerste en Karien van Gennip (CDA) was die tweede adjunk-premier. in die Rutte IV-kabinet gewees.
Schouten is afkomstig uit die Land van Heusden en Altena, waar sy in die dorpies Waardhuizen en Giessen grootgeword het. Teenswoordig is sy in Rotterdam woonagtig. Sy is nie getroud nie en het een kind. Kerklik behoort sy tot die Nederlandse Gereformeerde Kerke.
Verwysings
Bronne Drs. C.J. (Carola) Schouten, Parlement.com
Eksterne skakels
Carola Schouten, Rijksoverheid
Kategorie:Nederlandse adjunk-premiers Kategorie:Nederlandse burgemeesters Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Ministers van Landbou Kategorie:Rotterdam Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense