Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse Vrystaatprovinsie en die land se sesde grootste stad. Dit is sedert 1910 (as die geregtelike hoofstad) een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika. Die ander twee hoofstede is Kaapstad (die wetgewende hoofstad) en Pretoria (die uitvoerende hoofstad).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Suid-Afrika se hoogste hof, die Konstitusionele Hof, is egter sedert 1994 in Johannesburg gesetel. Bloemfontein staan informeel as Bloem bekend en word in Suid-Sotho Mangaung ("plek van die jagluiperde") genoem en deur die Griekwas ǀʼAuxa ǃXās. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 236 vierkante kilometer en het in 2021 'n bevolking van sowat 528 000. Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, waarvan dit deel is, het 'n bevolking van 747 431. Bloemfontein lê op 'n hoogte van 1 395 m bo seevlak. Sedert 2023 dien Gregory Nthatisi van die African National Congress (ANC) as uitvoerende burgemeester van Bloemfontein en omstreke.
duimnael|links|'n Uitsig oor Bloemfontein, soos gesien vanaf Naval Hill duimnael|links|Die Appèlhof van Suid-Afrika in Bloemfontein Bloemfontein lê in die hart van die Vrystaat se sentrale plato en is een van die min stede met 'n wildtuin in sy sentrum, bo-op Naval Hill. Bloemfontein staan nog steeds vir sy blommeprag en die voormalige Rosefees bekend en het die bynaam Rosestad. Die stad is geleë in die middel van die land, waarvolgens dit ook "Sentraal-Suid-Afrika" genoem word.
Die stad het sy oorsprong in 'n Britse fort en nedersetting wat in 1846 deur majoor Henry Douglas Warden in die destydse Transoranje-streek gevestig is. Dit het vervolgens as administratiewe setel van die Britse kolonie Oranjerivier-soewereiniteit (1848–1854) en die onafhanklike Boererepubliek Oranje-Vrystaat gedien wat in 1854 gestig is. Tussen Mei en Junie 1899 is die historiese Bloemfontein-konferensie hier gehou as 'n laaste vergeefse poging om 'n militêre konflik tussen die destydse Boererepublieke en die Britse Ryk te vermy. In die 20ste eeu het Bloemfontein tot die geografiese spilpunt van Suid-Afrika se spoorwegnetwerk ontwikkel. Sowat 160 km noordoos van Bloemfontein het 'n groot ekonomiese opswaai van 1948 af met die ontginning van die Vrystaatse Goudveld begin. Later, van 1962 af, het die gebied sentraal gestaan in die verwesenliking van die Oranjerivierprojek met sy waterkragsentrales en besproeiingskemas.
Vandag is Bloemfontein 'n moderne stad met wolkekrabbers, winkelsentrums en restaurante; en die Sand du Plessis-teater as een van sy kenmerkendste argitektoniese besienswaardighede. Tegelykertyd het Bloemfontein sy kulturele erfenis bewaar en die stad spog met pragtige historiese geboue soos die Raadsaal, een van die mooistes in Suid-Afrika. In die stad is die Hoogste Hof van Appèl, Franklin-wildreservaat, Naval Hill, Maselspoort-ontspanningsoord en die Sand du Plessis-teaterkompleks geleë. Die stad beskik ook oor 'n aantal museums, waaronder die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, die Nasionale Vrouemonument, die Anglo-Boereoorlogmuseum, die Nasionale Museum en die Oliewenhuis Kunsmuseum. Bloemfontein spog ook met die eerste digitale planetarium in die Suidelike Halfrond, die Lamont-Hussey- en die Boydensterrewag.
Etimologie en bynaam duimnael|Bloemfontein soos in 1868 deur H. Nicolls geskilder Daar is onsekerheid oor die oorsprong van die stad se naam. Volgens die algemeenste teorie is dit afgelei van die Nederlandse woorde bloem en fontein, dus "fontein van blomme".
Een van die gewilde koloniale legendes lui 'n os met die naam Bloem het behoort aan Rudolphus Martinus Brits, een van die eerste boere, wat naby 'n fontein op sy plaas deur 'n leeu gevang is.
'n Waarskynliker verhaal is dié oor Jan Bloem II (1775–1858), 'n Griekwa-leier wat hom daar gevestig het. Sy vader was Jan Bloem, 'n vlugteling van die Kaapkolonie, waar hy na bewering gesoek is in verband met die moord op sy eerste vrou. Bloem was bekend as 'n goeie skut en het 'n rol gespeel in die opleiding van Griekwavegters tydens die Griekwaoorloë in die 18de eeu. Sy seun het later die leier van die streek geword.
Die Suid-Sotho-naam Mangaung beteken "die plek waar die jagluiperds dwaal". Die Griekwa-naam, ǀʼAuxa ǃXās, verwys na Jan Bloem II.
Daar word dikwels na die stad verwys as die "Rosestad" danksy die verskeidenheid rose wat goed in die klimaat aard en jaarliks van die lente tot diep in die herfs 'n blommeprag oplewer.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die Bloemfonteingebied is oorspronklik deur San, Griekwas en Basotho bewoon voordat die eerste Voortrekkers hulle in die 1830's daar gevestig het. Een van die eerste Afrikaners, wat omstreeks 1840 'n plaas in die streek bewoon het, was Johannes Nicolaas Brits (1790–1875). Volgens oorlewering het Brits sy plaas na aanleiding van 'n fontein met blomme "Bloemfontein" genoem.
Britse dorpstigting duimnael|'n Foto van Kerkstraat, tans bekend as Oliver Tambo-weg, in Bloemfontein (omstreeks 1900). Agter is die Tweetoringkerk en Naval Hill Alhoewel Bloemfontein later merendeels deur Afrikaners bewoon is, is die nedersetting in 1846 deur 'n Britse Leër-majoor, Henry Douglas Warden, as 'n Britse fort en buitepos in die Transoranje-streek gestig – 'n gebied met voldoende watervoorrade wat destyds deur !Orana (sogenoemde "Korana" van die ǀHõaǁʼaes, ǀHũdiǁʼaes, Einiǁʼaes en ander), Kaapkolonietrekboere, Griekwas (destyds "Basters" genoem), Basotho en Rolong bewoon is. Warden het die plek hoofsaaklik gekies weens die nabyheid tot die hoofroete na Winburg, die uitgestrekte oop terrein en die feit dat dit destyds vry van perdesiekte was. Brits het sy plaas vervolgens vir £37 10s aan majoor Warden verkoop. Hy het later die plek gekoop wat die stad Brits sou word en na hom genoem is.
Die gebied rondom Bloemfontein is op 3 Februarie 1848 amptelik deur die Britse regering geannekseer en het vervolgens as die Oranjerivier-soewereiniteit (1848–1854) bekendgestaan, met Bloemfontein as die administratiewe setel. Die dorp is in 1850 die eerste keer as 'n woongebied verklaar, vier jaar voor die stigting van die Oranje-Vrystaat (1854–1902) waarvan Bloemfontein die regeringsetel geword het. Die dorpsgebied is deur Andrew Hudson Bain opgemeet. Sy reghoekige uitleg het voorsiening gemaak vir lang strate wat parallel met die plaaslike rivier in 'n noord-suidelike rigting verloop het en korter strate. Die nedersetting het geleidelik na terreine noord van die rivier uitgebrei. In 1851 het die bevolking op sowat 300 te staan gekom en daar was sowat sestig woonhuise.
Vroeë kerkgemeentes en perswese duimnael|Volksblad se hoofkantoor in Bloemfontein Die Eerste Raadsaal is in 1849 in St Georgesstraat gebou waar dit aanvanklik as skoolgebou en vergadersaal gedien het, maar ook vir kerkdienste gebruik is. Die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente is reeds in 1848 gestig en kon in Mei 1852 hulle nuwe kerkgebou, die bekende tweetoringkerk, in Kerkstraat inwy. In dié tyd het ook die eerste Rooms-Katolieke, Anglikaanse en Metodistegemeentes in Bloemfontein ontstaan wat hul kerkdienste almal in die Eerste Raadsaal gehou het. Die Metodiste-predikant, wat in 1850 in Bloemfontein aangekom het, het ook kerkdienste vir die bruin en swart bevolking gehou, al moes hulle hiervoor in 'n meer beskeie gebou, 'n eenvoudige hut, vergader. Die eerste Rooms-Katolieke kerkgebou is in 1852 naby die regeringskantore in St Georgesstraat opgerig. Die eerste dagblad, The Friend of the Sovereignty and Bloemfontein Gazette, het op 10 Junie 1850 verskyn. "Die Volksblad", later Volksblad, uit die Media24-stal was die laaste oorblywende dagblad wat in Bloemfontein vervaardig en na die hele Vrystaat en Noord-Kaap versprei is. Dit is tans slegs aanlyn beskikbaar.
Koloniale ekonomie en infrastruktuur duimnael|links|upright|Standbeeld van Jan Brand in Bloemfontein duimnael|Derde Raadszaal van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein, 1893, kort voordat dit met die Vierde Raadsaal vervang is Terwyl die nedersetting aanhou groei het, is ook steeds meer besighede in Bloemfontein gevestig. In Junie 1850 is die eerste munisipale amptenaar benoem. Nogtans het die dorp in dié tyd nog geen volle munisipale status gehad nie en was die infrastruktuur maar gebrekkig. 'n Beperkte posdiens tussen Bloemfontein en Colesberg is reeds in 1846 deur majoor Warden gevestig, en kort daarna het ander posroetes gevolg.
Die eerste amptelike poskantoor is in 1875 in die Ou Parlementsgebou op Markplein ingerig. Toe dit te klein geraak het, is dit met 'n groter gebou op dieselfde plek vervang. Die gebou troon steeds sedert sy opening op 22 Junie 1892 oor Hoffmanplein in die sentrale stad.
Die vervoer van goedere was 'n ander belangrike vraagstuk. Bloemfontein was in die 1850's nog 'n taamlik afgeleë nedersetting in Suid-Afrika. Aanvanklik kon boumateriale, klere, huishoudelike goedere en meubels slegs in beperkte hoeveelhede met ossewaens vanuit Port Elizabeth en Oos-Londen se seehawens na Bloemfontein vervoer word. Goedere wat nie plaaslik vervaardig kon word nie, was gevolglik skaars en duur.
Die Britse bewind was in die beginjare allesbehalwe gevestig en verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe gespanne. So is majoor Warden ontslaan en op 23 Julie 1852 met Henry Green vervang.
Oranje-Vrystaat
duimnael|links|Die oostelike kantooringang tot Bloemfontein se stadsaal duimnael|Die Tweetoringkerk in 2018 duimnael|Bloemfontein se Konsentrasiekamp tydens die Tweede Vryheidsoorlog duimnael|links|Die Vierde Raadsaal duimnael|Die Ou Presidensie Nòg die Britse Koloniale Kantoor te Londen nòg die meerderheid Nederlandssprekende bewoners van die Oranjerivier-soewereiniteit was werklik tevrede met die politieke situasie in die kolonie, en so het die Britte besluit om hulle aan die gebied te onttrek. Op 30 Januarie 1854 is die Republiek van die Oranje-Vrystaat gestig en Bloemfontein tot sy hoofstad verklaar. Die Boererepubliek Oranje-Vrystaat se gebied het gestrek tussen die Oranje- en Vaalriviere en sy grense is in 1848 bepaal deur die Verenigde Koninkryk, toe die Oranjerivier-soewereiniteit gestig is met 'n Britse resident in Bloemfontein.
As die hoofstad van die Oranje-Vrystaat het die groei en vestiging van die republiek ook Bloemfontein se ontwikkeling aangewakker. Die stad het talle openbare geboue opgerig wat tot vandag toe gebruik word, vergemaklik deur die republiek se bestuur en vergoeding deur die Britte vir die verlies van die diamantryke Griekwaland-gebied. David Johnson, "Griqua Land Claims in Southern Africa, 1874–1998", in David L. Eng and David Kazanjian, eds., "Loss: The Politics of Mourning" (Berkeley: Univ. of CA Press, 2003), 283–88. Die ou Oranje-Vrystaat-presidentswoning, die Ou Presidensie, is vandag 'n museum en kultuurruimte in die stad.
Nuwe administratiewe strukture is in 1859 in die dorp gevestig en in 1880 het Bloemfontein munisipale status verwerf. Robert Innes is tot die eerste burgemeester verkies, terwyl die destydse bevolking op 2 567 beraam is. Bloemfonteiners kon ekonomiese voordeel trek uit die opening van die Kimberley-diamantveld in die 1860's as verblyfplek vir delwers uit ander landsdele op hul pad na die Noord-Kaap. Die verskaffing van dienste aan diamantdelwers was die eerste stap in Bloemfontein se 19de-eeuse ekonomiese groeifase.
Later het 'n aantal finansiële en handelsondernemings hulle hoofkwartiere hier gevestig. Bloemfontein het daarna tot 'n belangrike vervoerspilpunt ontwikkel, veral nadat die spoorwegverbinding tussen Kaapstad en Johannesburg, wat destyds in aanbou was, in 1890 tot by Bloemfontein gevorder het. Die spoorlyn het die stad van 'n sentraal geleë spoorwegstasie voorsien en dit was vir die Britte van kritieke belang in die latere besetting van die stad.