duimnael|260px|Simpelveld

Simpelveld (Limburgs: Zumpelveld) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 11 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 16 km². Die dorp Simpelveld het sowat 6 000 inwoners (2005).

In die munisipaliteit word Simpelvelds en Bocholts gepraat, wat variante van die Ripuariese dialek (veral Bocholts) is.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Simpelveld: Baaks/Sweijer, Baneheide, Bocholtz, Bocholtzerheide, Bosschenhuizen, Broek, Bulkemsbroek, Huls, In de Gaas, Molsberg, Prickart, Simpelveld (dorp), Vlengendaal, Waalbroek en Zandberg.

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland) Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland)