Gulpen-Wittem (Limburgs: Gulpe-Wittem) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Voerstreek van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die Waalse provinsie Luik en aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 14 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 73 km². Gulpen-Wittem is in 1999 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Gulpen en Wittem. Eersgenoemde is die administratiewe setel van die munisipaliteit.

Gulpen-Wittem is Nederland se suidelikste munisipaliteit. Deur hierdie gebied vloei die Gulp- en Geul-riviere.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Gulpen-Wittem: Beertsenhoven, Berghem, Berghof, Beutenaken, Billinghuizen, Bissen, Bommerig, Broek, Cartils, Crapoel, Dal, De Hut, De Piepert, Diependal, Elkenrade, Elzet, Epen, Eperheide, Etenaken, Euverem, Eys, Eyserheide, Gracht Burggraaf, Gulpen, Helle, Heijenrath, Hilleshagen, Höfke, Hurpesch, Ingber, Kapolder, Kleeberg, Klein-Kullen, Klein-Kuttingen, Kosberg, Kuttingen, Landsrade, Mechelen, Nijswiller, Overgeul, Partij-Wittem, Pesaken, Plaat, Reijmerstok, Schweiberg, Sinselbeek, Slenaken, Stokhem, Terpoorten, Terziet, Trintelen, Wahlwiller, Waterop en Wijlre.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland)