Die Klein-Visrivier is geleë in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, en is 'n sytak van die Groot-Visrivier. Dit ontspring net wes van Somerset-Oos. Hiervandaan vloei dit aanvanklik suidoos, draai dan reg oos, kruis die N10 en sluit dan aan by die Groot-Visrivier.
Die rivier is belangrik omdat dit deel is van die Oranjerivierprojek. Water oorgedra van die Oranjerivier na die Groot-Visrivier via die Oranje-Visriviertonnel word weggekeer by die Elandsdrift-keerwal in 'n kanaal wat vir 65 km kronkel saam met steil hellings en uitmond in die Klein-Visrivier. Die kanaal vloei deur die Cookhouse-tonnel van 13,1 km wat tussen Cookhouse en Somerset-Oos deur die Bosberg sny. Die water vloei vir 40 km in die Klein-Visrivier tot by die De Mistkraal-keerwal. Hier word die water uitgekeer in die Skoenmakerskanaal (vermoë 22m3/s), wat uiteindelik uitmond in die Darlingtondam in die Sondagsrivier.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Verwysings
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap