Nakop is een van die grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië. Dit lê op die N10 nasionale pad in die rigting van Ariamsvlei en Karasburg in Namibië. Dit is 2 km oos van die werklike grens en 10 km van Ariamsvlei. Nakop lê 138 km noordwes van Upington en 134 km oos van Karasburg. Die Nakop-grenspos is heeljaar en 24-uur oop. Aan die Namibiese kant is die grenspos aan die oostekant van die dorp Ariamsvlei op die pad B3.
Nakop was in Augustus 1914 die toneel van die eerste gevegte tydens die Eerste Wêreldoorlog tussen Duitse en Suid-Afrikaanse troepe oor die beheer van Duits-Suidwes-Afrika.
Suid-Afrika Namibië Streek Noord-Kaap Suidoos Dorp Nakop Ariamsvlei Pad N10 B3 Koördinate Besigheidsure - Reisigers 24 uur 24 uur Telefoonnommer +27 (0) 54 571 0008 / 0077 Faksnommer +27 (0) 54 571 0009 Departement van Binnelandse Sake - SA Grensposte
Sien ook Grensposte van Suid-Afrika Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Grense van Namibië Kategorie:Grense van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap