Klaarstroom is 'n nedersetting aan die westekant van die N12 nasionale pad en aan die noordekant van Meiringspoort deur die Swartberg tussen De Rust en Beaufort-Wes. Die oorspronklike naam was Pietersburg. Waarskynlik is die huidige naam te danke aan die helder water wat uit die Swartberg vloei.

Goeie voorbeelde van Victoriaanse argitektuur het hier behoue gebly. Veral die polisiekantoor (gebou in 1860) is 'n mooi gebou. Deneys Reitz noem in sy boek Commando dat hy en sy manne tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die dorpie getrek het. In die kerkhoffie van die Church of the Good Shepherd lê die grafte van korporaal Boyd en kavalleris Hirschford wat in daardie oorlog gesneuwel het.

Die dorpie was die tuiste van die laaste transportryer in die land. Dele van die Afrikaanse fliek Oom Kootjie Emmer is hier verfilm. Die R407-streekroete verbind die dorp met Willowmore en Prins Albert.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap