Olifantshoek is 'n dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 22 km wes van Sishen op die N14 nasionale pad, net noord van die Langberg geleë. Die dorp is formeel gedurende 1912 gestig. Daar word met beeste geboer en ystererts word ook ontgin. Water word verkry uit 'n dam in die Olifantsloop wat deur die dorp vloei.
Sien ook Gereformeerde kerk Olifantshoek Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap