__NOTOC__

Die BainskloofpasWood, V.C.: Die Bergpasse van Kaapland. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 7, nr. 4, Oktober 1957 is 'n bergpas en nasionale gedenkwaardigheid op die R301-streekroete noordoos van Wellington in die Hawequasberge in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die pas is deur Andrew Geddes Bain gebou. Dit verbind Wellington met die Tulbaghvallei. Bouwerk het in 1849 begin en is gedurende 1853 voltooi. Op 701 m bereik die pas sy hoogtepunt en dit het 'n maksimum helling van 1:13. Die pas is 28 km lank, waarvan 10 km uit die rots geskiet is met 15 ton buskruit. Die eerste motors het gedurende 1900 die eerste keer oor die pas gery. Gedurende 1934 is die pas verbreed en geteer. Dit is in 1980 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.Passes & Poorts. Marion Whitehead. 2010. Padlangs deur Suid-Afrika.

Galery

Verwysings

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Eksterne skakels Bainskloof.com

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap