Vir ander riviere genaamd "Olifantsrivier", sien die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier.
duimnael|regs|Olifantsrivier suid van Klawer, van die N7-pad af gesien Die Olifantsrivier is 'n rivier aan die Weskus van die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Naam Die rivier verkry sy naam van adelbors Jan Danckaert wat beweer dat hy 'n trop van 300 olifante hier gesien wei het op sy eerste ontdekkingsreis in die gebied.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995 Padlangs deur Suid-Afrika. 2010.
Ontspring Die rivier ontspring tussen Ceres en Citrusdal, net wes van die Skurweberg en noord van die Witzenberg by .
Roete Die rivier vloei 265 km ver meestal noord en net oos van die Olifantsrivierberge, deel van die Groot-Winterhoekberge, verby. Dit vloei noord deur Citrusdal en bly hiervandaan net oos van die N7 nasionale pad en wes van die Sederberg, deur die Clanwilliamdam, verby Clanwilliam en hou steeds oos van die N7 tot amper by Klawer. Nét voor Klawer vloei die rivier onderdeur die N7, draai dan wes verby Vredendal, draai weer suid by Koekenaap en mond uit by digby Papendorp in die Atlantiese Oseaan, sowat 250 km noord van Kaapstad.
Sytakke Enkele sytakke van die Weskus se Olifantsrivier is die: Doringrivier Dwarsrivier Elandskloofrivier Heksrivier Holrivier, met verdere takke: Soutrivier Varsrivier Matjiesrivier Modderrivier Ratelrivier Tweerivier
Visse duimnael|regs|Topografiese kaart wat die Olifants- en Doringrivier met hul sytakke aandui Die volgende visspesies is endemies aan die rivier: Barnard se klipbaber Clanwilliam-geelvis Clanwilliam-klipbaber Clanwilliam-rooivlerkie Clanwilliam-saagvin Clanwilliam-sandvis Tweerivier-rooivlerkie, slegs in die Tweerivier, 'n sytak van die Olifantsrivier. Vurige rooivlerkie
Verwysings
Bibliografie Green, Lawrence G.: Elephant River. In: On wings of fire. A narrative of odd and unusual characters and queer, remote places along the flamingo coast from Swakopmund to the Cape. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1982.
Kategorie:Riviere in Wes-Kaap