Fochville is 'n dorp in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is geleë aan die R500-streeksroete net suid van die N12- nasionale pad, 40 km oos van Potchefstroom.
Geskiedenis Die dorp is op 15 November 1920 geproklameer nadat dit reeds gedurende die Eerste Wêreldoorlog deur die broers Wulfson uitgelê is op die plase Kraalkop en Leeuwspruit. Dit is vernoem na maarskalk Ferdinand Foch, 'n opperbevelvoerder van die Geallieerde magte. Die Western Deep Levels goudmyn is naby Fochville. Die naaste groot dorp is Carletonville.
Distrik Gemengde boerdery word in die distrik beoefen.
Danie Theron Die Danie Theron-gedenknaald staan op 'n koppie sowat 8 km wes van die afdraai na Fochville.
In die nuus In die middel tagtigerjare was Fochville in die nuus nadat 'n seksskandaal onder leerlinge van die hoërskool aan die lig gekom het. Die kinders het 'n pakkamer onder 'n verhoog ingerig vir hul seksbedrywighede. Later is na dié plek as die "genotgrot" verwys.Tienerseks: die `in' ding op partytjies `Ons doen dit sommer net; dis g'n geheim', Beeld, 14 Junie 1997
Sien ook Gereformeerde kerk Buffeldoorns Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Fochville-Noord NG gemeente Losberg Danie Theron-gedenktekens
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in Gauteng