NewarkThe Brick City 280px Kaart Wapen 150px|center Vlag 80px|center  Land 20px Verenigde State  Deelstaat 20px|border New Jersey Koördinate  Gestig in 1666 Geïnkorporeer op 21 Februarie 179811 April 1836 Oppervlakte:    - Totaal 67,3 vk km  - waarvan land 61,6 vk km  Hoogte bo seevlak 0-83,3 m Bevolking:    - Totaal (2010) 277 140  - Bevolkingsdigtheid 5 034,8/vk km  - Metropolitaanse gebied 18 818 536 Tydsone EST (UTC -5) Somertyd: EDT (UTC -4) Klimaat    - Tipe Kontinentale en subtropiese trekke  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 12,7 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie -0,4 °C / 25,1 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1174,8 mm Burgemeester Cory Booker Amptelike Webwerf newark.nj.us Newark is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat New Jersey en die administratiewe setel van Essex County met 'n bevolking van 277 140. Dit is 13 km wes van Manhattan, New York en 25 km suid van Paterson, New Jersey in die hart van New Jersey se Gateway Region geleë en maak deel uit van die metropolitaanse gebied van New York.

Dit is een van die belangrikste vervoerknooppunte in die VSA ten opsigte van lug-, see- en spoorvervoer. Danksy die ligging aan die Newark-baai naby die Atlantiese Oseaan het Newark se hawefasiliteite in Port Newark tot die belangrikste houerterminaal in die deelstate New York en New Jersey ontwikkel.

Newark is in 1666 deur immigrante uit die gelyknamige Britse stad gestig. Sy bynaam is The Brick City ("Die Baksteenstad"). Newark is die setel van 'n verskeidenheid kulturele en tersiêre onderwysinstellings soos Rutgers University en die New Jersey Institute of Technology, asook die hoofkwartier van groot sakeondernemings soos Prudential Financial en PSEG.

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in New Jersey