Die Olifantskoppas is 'n bergpas in die Oos-Kaap. Dit dra die N10 nasionale pad met drie tot vier bane oor die Suurberge, ongeveer 15 km noord van Paterson.B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Die pas is in 1955 gebou, bereik 'n hoogste punt op 723 m bo seevlak en het 'n maksimum helling van 1:8.
Die pas word gereeld in die streeknuus op AlgoaFM genoem, aangesien 'n groot aantal swaar vragmotors op die roete onklaar raak.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap